Wat is TeachMe?
Like ons op Facebook
Die TeachMe program word deur die studente gebruik om die "video's" van die kennis-oordrag van die SUPERonnies mee terug te speel. (Klik hier vir 'n oudio-visuele verduideliking van hoe dit gedoen word). Dit is 'n fasiliteit waarmee jy kan soek vir vakkundige inhoud, soos Wiskunde, in ons databasis van oudio-visuele opnames. Klik net op die "Search" knoppie soos hieronder, en tik jou sleutelwoord in, of maak gebruik van die soek-filters vir 'n meer akkurate soek-proses.

























Klik hier om die TeachMe program af te laai vir
  • Windows
  • Android (onthou net om die verstelling te maak vir "Installation of non-market applications")

Deur die sleutelwoorde, soos in die eBoeke gegee, te gebruik wanneer jy soek, sal jy 'n lys van opnames kry, en hierdie lys kan selfs oor verskeie bladsye strek. Kyk mooi na die Titel, en die Beskrywing, om die opname te kies waarna jy wil luister. Dit sal uiteraard beter wees as jy sommer, terwyl jy daar is, na soveel moontlik verwante opnames luister as waarvoor jy tyd het, want jy leer dalk net iets by waaraan jy nie eers gedink het nie. Jy is egter welkom om ook ander sleutelwoorde te gebruik om te kan loer of daar nie dalk iets anders ook is waarvan jy hou of kan gebruik nie.

























Die TeachMe pakkette
Die TeachMe program word in drie pakkette aangebied, naamlik die TeachMe Lite, wat gratis toegang tot enige van ons individuele opnames gee (hierdie opnames word met 'n blou logo geïdentifiseer). As jy egter na enige van die SUPERlesse (groen logo's) wil kyk, waar verwante opnames vir jou gerief saamgebondel is, of as jy die opnames wil stoor op jou rekenaar vir latere gebruik, dan moet jy opgradeer na die TeachMe Basic weergawe toe.

As jy dus hierdie opnames, wat tydens die Ontwikkelingsklasse geskep is, of enige ander opnames, wil aflaai en stoor, stel ons voor jy gradeer op na die Basic weergawe. Klik hier om te sien hoe maklik die opgradering is.

Die derde weergawe van die TeachMe program is die Premium weergawe. Hier kry jy ook toegang tot onder andere Assesseringswerkkaarte, wat outomaties 'n punt (resultaat) gee, en die oudio-visuele memorandums van die vrae na die tyd verskaf.


TeachMe Lite:       
Heeltemal gratis, en dit stel jou in staat om sleutelwoorde in te tik en te soek vir verwante opnames. Ons gee vir jou die sleutelwoorde wat saam met elke SUPERles gestoor is, sou jy verkies om dit só te gaan soek.

TeachMe Basic:     
Vir hierdie opgradering moet jy ongelukkig betaal (klik hier vir die koste-struktuur).
Die Basic-weergawe gee jou twee nuwe fasiliteite:
     1) Jy kan enige opnames waarna jy gekyk het stoor op jou rekenaar se hardeskyf, sodat jy weer later daarna
         kan gaan kyk sonder om dit eers weer te moet aflaai.
   
     2) Wanneer ons SUPERonnies ‘n tema of ‘n groep individuele opnames saambondel, dan verwys ons daarna
         as ‘n “Crash Course SUPERles”, of sommer net ‘n “SUPERles”. Dan het jy sommer al die verwante
         opnames op een bladsy – net ‘n klik van ‘n muis ver…

TeachMe Premium:   
Vir hierdie opgradering kry jy nóg addisionele fasiliteite, waaronder:
     1) Jy kan Assesserings doen, om jouself te toets voor ‘n eksamen of klastoets.
   
     2) Jy kan enige SUPERboek ten volle benut, sonder om bekommerd te wees oor hoeveel van die skakels jy
         op klik.