Vir onderwysers • Deur onderwysers

Goeie hulpbronne behoort nie in WhatsApp te verdwyn nie.

SuperOnnies is die maklike voordeur na ’n gratis, private en soekbare hulpbronbiblioteek én Vraagbank vir goedgekeurde onderwysers. Hulpbronne en individuele vrae kan hier netjies geklassifiseer, bewaar en later weer gevind word.

Eenvoudig vir die onderwyser. Netjies bestuur agter die skerms.

WhatsApp bly die plek waar onderwysers gesels en hulpbronne met mekaar deel. SuperOnnies help net om daardie waardevolle inhoud later weer vindbaar te maak.

1

Jy word goedgekeur

Toegang word deur die administrateurs van die deelnemende WhatsApp-groepe bevestig. Daarna word jou persoonlike rekening geskep.

2

Ons organiseer die hulpbronne

Jy hoef nie ingewikkelde vorms in te vul nie. Ingestuurde hulpbronne word nagegaan, benoem en geklassifiseer sodat die metadata later werklik met soektogte help.

3

Jy vind dit weer

Soek volgens onder andere vak, graad, taal, onderwerp en hulpbrontipe in plaas daarvan om maande se WhatsApp-boodskappe terug te blaai.

Die SuperOnnies Onderwyserhulpbronbiblioteek

Die biblioteek is ’n gratis diens vir goedgekeurde onderwysers. Dit is nie ’n openbare aflaaibladsy nie: hulpbronne bly agter persoonlike aanmelding en word deur die administrateur gekeur en geklassifiseer.

Wat kan jy daar kry?

  • PDF-werkkaarte, memorandums en assesserings
  • Word-dokumente en PowerPoint-aanbiedings
  • Skakels na nuttige eksterne hulpbronne
  • Soektogte volgens vak, graad, taal en onderwerp
  • ’n Filterbare Vraagbank met individuele vraag- en memo-beelde
  • Voorgestelde oefenstelle met OTS/SOTS/video/Moodle-ondersteuning waar beskikbaar
  • Hulpbronne wat nie meer verlore raak in ’n WhatsApp-geskiedenis nie

Het jy reeds toegang?

Gebruik jou persoonlike gebruikersnaam en wagwoord om die private biblioteek oop te maak.

Wil jy betrokke raak by AI in Onderwys?

Jy hoef nie ’n programmeerder, netwerkingenieur of AI-agentbouer te word om ’n betekenisvolle rol in AI in Onderwys te speel nie. As onderwyser lê jou waarde in jou vakkennis, pedagogie en begrip van hoe leerders leer. Die Pedagogical Engineer-benadering help jou om daardie kundigheid digitaal uit te brei, terwyl die tegniese infrastruktuur agter die skerms hanteer word.

Wil jy die idee verder verken? Op CheatGPT verduidelik ons wat Pedagogical Engineers is, hoe onderwysers hul eie pedagogie met AI kan uitbrei, en hoe jy kan aansluit.

Jou eie professionele onderrigruimte

SuperOnnies bly ’n gratis, gedeelde hulpbronruimte vir goedgekeurde onderwysers. ’n XVC PE Channel is iets anders: dit is ’n opsionele ruimte vir jou eie leerders, ouers of ander teikengehoor.

’n Channel kan gratis hulpbronne bevat, toegang tot bepaalde gebruikers beperk, eenmalige betaalde hulpbronne aanbied of intekeninggebaseerde ondersteuning gebruik. Jy fokus op die onderrig en die pedagogie; XVC help met die tegniese infrastruktuur.

Jy hoef nie ’n PE Channel te hê om SuperOnnies of die Onderwyserhulpbronbiblioteek te gebruik nie.

Het jy ’n hulpbron om te deel?

Hulpbronne word sentraal ontvang, nagegaan en geklassifiseer voordat dit in die private biblioteek verskyn. Goedgekeurde lede kry die indieningsinligting binne die biblioteek.

Indieningsinligting